Search
Close this search box.

Gesteelde stoetramme teruggekry met FarmRanger

“FarmRanger-nekbande was deurslaggewend om ons gesteelde stoetramme terug te kry,” sê Jannie Kitshoff. Hy boer saam met sy broer en pa in die Moorreesburg-distrik met koring asook vleisbeeste en 2,000 Dohne-merinos.

Kitshoff verduidelik dat ‘n alarm op sy selfoon op Vrydag, 4 Oktober 2019 om 23h00 aanhoudend afgegaan het.

“Ek kon op die Google-kaart sien dat die skaap met die nekband langs die grondpad loop en toe met ‘n sigsaglyn deur die grensdraad en na ‘n ander kamp beweeg.

Ek het ons Plaaswag in kennis gestel en die GPS-koördinate aan hulle verskaf. Die veediewe is maklik opgespoor, met nagsigtoerusting dopgehou en gearresteer nadat die skape op ‘n voertuig gelaai is. Lede van die Plaaswag en SA Polisiediens het vier veediewe aangekeer en ‘n vyfde persoon is later die dag in hegtenis geneem.”

Agt stoetramme met ‘n waarde van R181,000 is gelaai en volgens Kitshoff kon dit nog meer gewees het indien hul voertuig groter was.

Hy gebruik twee FarmRanger-nekbande sedert Julie 2019 nadat hulle ‘n vorige veediefstalvoorval in Junie ondervind het. “Ons het toe besluit dat ons nie verder met skape sonder nekbande kan boer nie. Ons gebruik die nekbande met kuddes wat in kampe wat aan die grondpad grens wei.”

Kitshoff voeg by dat die suksesvolle terugkry van sy stoetramme indruk gemaak het op die Plaaswag-groep. “Almal het die waarde van die FarmRanger-stelsel gesien en beoog om dit ook aan te skaf indien hulle dit nie alreeds gedoen het nie,” sê hy.

i’m interested, please call me…

NAME(Required)

Related Stories/Client Testimonials